Die eerste seunshokkiespan (die Eagles), van Hoërskool Nelspruit, het Vrydag tydens ‘n klere-oorhandigingsfunksie hul eerstespan klere ontvang.
Op Vrydag, 12 April, is ‘n klere-oorhandigingsfunksie vir die eerste seunshokkiespan van Hoërskool Nelspruit, of beter bekend as die Eagles, gehou. Tydens die spesiale geleentheid het die afrigter, mnr. Jaco Smith, elke speler aan die ouers bekendgestel en het ook saam met mnr. Pottie Potgieter van Buco, die hoofborg van vanjaar se klere, die oorhandiging waargeneem.
Mnr. Smith het ook al die borge, Buco, Kishugu en JEV Petroleum asook die ouers hartlik bedank vir hulle getroue ondersteuning. Die spelers en hulle ouers het die gesellige aand, wat gepaard gegaan het met heerlike mosselsop, sushi en soethappies wat deur die seuns voorberei en bedien is, saam geniet.
Nog ‘n hoogtepunt van die aand was die aankondiging van die kaptein, Dieter Süllwald.
Die 2015 Eagle-kaptein, Hannes Geldenhuys, het die gelukwensing behartig.
Die afrigter en span is dit eens dat hulle doelgerig en gefokus die seisoen saam gaan aanpak.
Foto bo: Mnr Jaco Smith en Dieter Süllwald