)

Hoërskool Nelspruit 1ste seunshokkiespan ontvang eerstespanklere

Die eerste seunshokkiespan (die Eagles), van Hoërskool Nelspruit, het Vrydag tydens ‘n klere-oorhandigingsfunksie hul eerstespan klere ontvang.

Op Vrydag, 12 April, is ‘n klere-oorhandigingsfunksie vir die eerste seunshokkiespan van Hoërskool Nelspruit, of beter bekend as die Eagles, gehou. Tydens die spesiale geleentheid het die afrigter, mnr. Jaco Smith, elke speler aan die ouers bekendgestel en het ook saam met mnr. Pottie Potgieter van Buco, die hoofborg van vanjaar se klere, die oorhandiging waargeneem.

Mnr. Smith het ook al die borge, Buco, Kishugu en JEV Petroleum asook die ouers hartlik bedank vir hulle getroue ondersteuning. Die spelers en hulle ouers het die gesellige aand, wat gepaard gegaan het met heerlike mosselsop, sushi en soethappies wat deur die seuns voorberei en bedien is, saam geniet.

Nog ‘n hoogtepunt van die aand was die aankondiging van die kaptein, Dieter Süllwald.

Die 2015 Eagle-kaptein, Hannes Geldenhuys, het die gelukwensing behartig.

Die afrigter en span is dit eens dat hulle doelgerig en gefokus die seisoen saam gaan aanpak.

Foto bo: Mnr Jaco Smith en Dieter Süllwald

 

Pottie Potgieter (Buco) en Mnr Jaco Smith
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal