Ons skaakspelers het op Woensdag, 10 April 2019 teen Trinity House gelykop gespeel (8 elk). Dit was uitstekende wedstryde en elke speler het sy/haar beste gegee.
Op Saterdag, 13 April 2019 het ons spelers aan die Roodepoort Individuele Skaakkampioenskappe by Maragon deelgeneem. Dit het besonder goed gegaan met ons spelers. Linmari Krüger was eerste by die o/19-meisies.
Suné Toerien was eerste en Louise Kemp tweede by die 017-meisies. Jesse Britz was derde by die o/17-seuns en Sebastian Coetzee was derde by die o/15-seuns.
Hulle neem op 11 Mei 2019 deel aan die D12-Individuele toernooi.
Die volgende spelers dring ook deur na die D12-toernooi: C-Moné Nortjé, Christie Havenga, Calina Nortjé en Sebastian Pretorius.
Baie geluk!