)

Hoërskool Nelspruit 1ste hokkiespan het funksie saam met borg

Op 25 April is die rooi tapyt by Duet Café vir ‘n baie spesiale funksie vir die eerste dogtershokkiespan uitgerol. Die gaste is bederf met ‘n Meksikaanse aand met al die kos en vrolikheid wat met so ‘n tema gepaard gaan. Tydens die geleentheid is CTM Nelspruit bedank vir hul borgskap en betrokkenheid by die Black Sticks.

Die afrigter, Charlotte Gericke het die kaptein, Cherise van Duyker, en onderkaptein, Jessica Berry, bekendgestel en vir elkeen hulle baadjies vir die seisoen oorhandig. Daarna het die ouers die geleentheid gekry om ‘n seënwens oor elke speler uit te spreek. Die afrigters en kapteine het aan die spelers hulle baadjies oorhandig.

Dit was ‘n baie spesiale geleentheid wat die dogters en hulle ouers vir lank sal onthou.

Die Black Sticks is nou gereed om die wintersportseisoen op ‘n hoë noot af te skop.

Foto bo: 1ste Hokkiespan

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal