Foto: Bo Vlnr: Me Belinda Steenkamp, Me Gerda Joubert (Adjunkhoof), Me Marna Denner, Me Cecilia Marais, Me Vanessa van Biljon.
Voor: Me Suerette Maartens
Baie geluk aan Monnas se Afrikaanse departement wat weer die toppresteerder in die Gauteng-Wes Distrik (D2) vir Afrikaans Huistaal én Afrikaans Eerste Addisionele taal is.
Monnas is ongelooflik trots op die personeel wat baie hard werk om te verseker dat die leerders onderrig van top gehalte kry.
Hul visie vir die Afrikaanse departement is om die leerders so goed moontlik in diè taal te onderrig, want ‘n leerder wat sy/haar taal onder die knie het is ook ‘n leerder wat in sy/haar ander vakke presteer.