)

Hoër Meisieskool krieketspeler streef na Proteas

Party meisies droom van ’n Protea-netbalromp of ’n hokkie een van groen-en-goud.

Dan kry jy iemand soos Miané Smit (gr. 10) wat drome koester om eendag ’n Protea-kriekethemp oor haar skouers te trek. Miané is iemand wat die wilgerlat met mening kan swaai. Daarvan getuig ’n kolfbeurt van 135 lopies wat sy as o.13-speler gemoker het. Sy was vroeër vanjaar vir die Vrystaat senior span gekies om in die Nasionale Vroueweek te speel.

Einde 2019 was Miané as 14-jarige die jongste lid van die Vrystaatse o.19-meisiekrieketspan en boonop die kaptein. Haar voorliefde vir krieket het al van vroeg begin toe sy saam met haar pa, boeties en nefies in hul agtertuin krieket gespeel het. Haar eerste krieketwedstryd was in gr. 1. Buiten haar balvaardigheid as netbalspeler is sy uitstekend met die kolf en het sy al verskeie sesse geslaan.

Miané is ’n veelsydige speler wat wegbrekers as draaibalbouer afstuur. Net so veelsydig soos wat sy op die krieketveld is, is sy op ander gebiede.

Sy speel netbal, was vroeër ‘n goeie atleet en presteer in akademie (sy staan 4de in haar graad). Volgens haar moet ’n mens hard werk, jou passie vir die sport uitleef en oor ‘n sterk geestelike ingesteldheid beskik.Sy motiveer haarself deur te sȇ: “Kyk vir die bal. Ek is in beheer. Ek soek lopies.”

In die krieketseisoen oefen sy twee uur per dag. In die buiteseisoen spandeer sy minstens vier uur ‘n week.

Haar rolmodel is Laura Wolvaardt wat al van ‘n jong ouderdom vir die Protea-vrouekrieketspan speel en een van die topkolwers in die wȇreld is.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal