Die oud Leeus- en Cats- trekvoël, Ethienne Reynecke, sprei sy vlerke om die Hoërskool Monument aanstaande jaar met hul eeufees by te staan.
Reynecke het die Leeus en Cats byna 90 keer verteenwoordig en die WP, Stormers en Cheetahtruie ook gedra.
Hy het ook vir Saracens, Connacht en Pau in die buiteland gespeel.
Reynecke sal na die Wit Bulle se verdediging en afbreekpunte omsien en is ‘n groot vangs vir die Monumentare.
Die oud-haker is die huidige SA MMA-kampioen en spog met ‘n Meestersgraad in Biochemie agter sy naam.
Tjaart van der Walt, Monnas se Direkteur: Rugby sê Reynecke se bydrae in terme van sy kundigheid en passie gaan groot waarde vir Monnas toevoeg.
“Ek is altyd op soek na nuwe en vindingryke afrigtingstendense om Monnas na ‘n hoër vlak te neem.
“Ettas sal gewis waarde toevoeg,” sê Van der Walt.