Claire vd Merwe ‘n Gr.7 leerling by Laerskool Westwood wen ‘n 2de jaar in ‘n ry die Dell Arte Item vir visuele kuns. Sy behaal ‘n 98% vir hierdie pragtige olifant.
Sy is ook ‘n gretige entrepreneur wat haar kunswerke verkoop vir ekstra sakgeld.
Laerskool Westwood is geleë in Boksburg, in die Oos-Rand area van Gauteng en staan bekend as die skool vir gelukkige kinders!
Laerskool Westwood spog met die bes versorgde geboue en terrein in Boksburg, sowel as puik fisiese geriewe. Hulle verseker ‘n veilige leeromgewing vir kinders, waarin hul onderrig word en hul talente en gawes ten volle kan ontwikkel. Laerskool Westwood bied aan elke kind genoeg geleenthede om in een of meer van 7 sportsoorte sportafrigting te kan ontvang en dan so ook kompeterend deel te neem in ligas en toernooie.