Vlnr: Hoffie Prinsloo en Reevin February met die heerlike eetgoed.
CJ Langenhoven het by geleentheid gesê: “Jy kan mense huur om vir jou kinders se geleerdheid te sorg; vir hul opvoeding moet jy self staan.”
Wyse woorde van ‘n wyse man. Die man na wie Hoërskool Langenhoven vernoem is. ‘n Leerder wat self diep geleerde spore in die skool getrap het. ‘n Man wat die opvoeding van sy grootmaakouers gesien en waardeer het. Langenhoven is op 13 Augustus 1873 (146 jaar gelede) te Hoeko gebore en is op 15 Julie 1932 oorlede in Arbeidsgenot.
Opvoeders en leerders het Neelsie se verjaardag gevier en is elkeen met ‘n heerlike ‘doughnut’ bederf! Dit bly ‘n voorreg om deel te wees van ‘n skool waar elkeen iemand is en geleerdheid steeds die hoogste prioriteit geniet.