Radandt Malherbe en Janique Gerber, hoofleiers van Hoërskool Langenhoven het op Saterdag, 10 Februarie 2018, ‘n Leerderberaad opleiding te Oudtshoorn bygewoon.
Die opleiding was deur FEDSAS aangebied en hul doel was om die leerders te inspireer en hul te wys watter groot rol leiers in ‘n skool speel. Daar is ook aan hulle oorgedra die doel en belangrikheid wat hulle op die skool se Beheerliggaam het. Radandt en Janique het hierdie opleiding baie leersaam gevind en het net weer besef hoe groot voorreg en belangrike rol hulle in die skool speel. Beide ontvang ‘n sertifikaat van die Wes-Kaap Onderwysdepartement vir die voltooing van die opleiding.