Cara Serfontein, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het vanaf 19 Februarie opnames vir die TV-program, Op Die Spel, gedoen.
Hierdie opnames het by Stark Studios, Randburg, plaasgevind.
Cara het haar uitstekend van haar taak gekwyt en dring deur na die finale rondte.
Hierdie talenvolle Das kan op Maandag, 1 Julie 2019, op kykNET, kanaal 144, om 20:30, gesien word.
Ons hou alle Dasseduime styfvas vir jou deelname in die finaal, Cara!!