Hoërskool Langenhoven se netbaldogters het vanaf 18 – 20 Februarie, ‘n afrigtingskliniek by die skool bygewoon. Mev Burta de Kock, voormalige Protea-afrigter, was die aanbieder van die kursus.
Mev. de Kock en drie aanbieders (Crinum-spelers; die Cheetahs van netbal), het die leerders en afrigters nuwe vaardighede en tegnieke aangeleer. Die kursus was ‘n reuse sukses en elke Dassie het met nuwe vaardighede en kennis huis-toe gestap!
Mev. Burta de Kock is ‘n ongelooflike inspirerende afrigter en het alle fasette van ‘netbalwees’ saam met haar drie aanbieders hanteer. Een van die aanbieders was Lefebré Rademan, oud-leerder van Hoërskool Langenhoven.
Hoërskool Langenhoven wil die span Kovsie-afrigters hartlik bedank, maar wil ook graag baie dankie sê vir Charlene Cronje vir die verblyf van die afrigters, wat die kliniek se reëlings vergemaklik het.
(Foto bo:) Hier verskyn die netbaldogters wat die kliniek bygewoon het, saam met die skool se netbalafrigters, die drie aanbieders en Mev. Burta de Kock.