)

Hoërskool Langenhoven neem deel aan Midmar Myl

Op Vrydag, 8 Februarie, het nege baie opgewonde Das-swemmers, reg vir die Midmar Myl te Kwazulu Natal, die vlug vanaf Kaapstad na Durban meegemaak.

Die Dassies het op Saterdag, 9 Februarie ‘n baie avontuurlustige dag met hope pret gehad en onder andere, uShaka Marine World, besoek.

Die leerders het die vertonings baie geniet en die waterpark beslis goed benut. Saterdagaand het almal vroeg in die bed gespring sodat hul reg kan wees vir die volgende dag.

Hul het vroeg Sondagoggend na die Midmardam vertrek om te registreer en reg te maak. Die vier meisies het eerste, in die ouderdomsgroep vrouens 14 tot 30 jaar, weggespring.

Die vyf seuns het direk na hierdie groep, in die ouderdomsgroep mans 14 tot 30 jaar, weggespring. Dit was ‘n aanpassing met die hoeveelheid mense, aangesien daar ongeveer 12 000 swemmers was. Hierdie is die grootste geleentheid van sy soort in die wêreld.

Die Dasse was egter goed voorbereid en het geweet wat op hulle wag.

Almal het hulle beste gegee, en het die vrugte van weke se harde oefening vir hierdie 1.6 kilometer swem, gepluk.

Die Dasse se uitslae is ‘n bewys dat harde werk beloon word. Die uitslae is as volg: Hoffie Prinsloo (29 minute), Mienke Doubell (34 minute), Bernard Small en Miquel D’Emiljo (35 minute), Tinka Fox (37 minute), Ben St Arnaud en Francois van Wyk (38 minute) en Mia Coetzee en Zarli Minni (41 minute).

Hoërskool Langenhoven is baie trots op hierdie nege Dassies!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal