Hoërskool Langenhoven van Riversdal se leerders het besonder goed presteer tydens die jaarlikse Ratem Eisteddfod, wat vanaf 27 – 30 Augustus, te Riversdal plaasgevind het.
Vier-en-veertig leerders het aan ses-en-sestig items in vier kategorieë deelgeneem. Die verspreiding van die uitslae vertel ‘n pragtige storie. Daar verwerf 24 leerders Goud+, 32 Goud, 6 Silwer en 4 leerders verwerf Brons.
‘n Verdere hoogtepunt is dat drie leerders goud+ (90% en hoër), in al hulle items waarvoor hulle ingeskryf, behaal het. Paula-Mari streicher (dialoog 93% en poësie 92%), Caila Christie (95% en 92% vir skryfstukke) en Elizmarie Solomon (90% vir beide haar skryfstukke).
Op die foto verskyn van links: Elizmarie Solomon, Paula-Mari Streicher en Caila Christie.