Marco Marx, ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, en ‘n junior van Eden Jaggeweerskiet, het puik in die Boland Ope presteer.
Marco verwerf ‘n eerste plek in die junior afdeling (goud) en ‘n tweede plek in die silwer klas. Hy is algeheel 10de vir die dag.
Die Dasse is baie trots op jou, Marco!