Met 2020 wat einde se kant toe staan, is die Nellies entoesiasties besig om reg te maak vir 2021. Die Bestuurskomitee (BK) is volstoom aan die werk aan hul voorstellingsvideo en verwelkomingreëlings aan die splinternuwe graad 8’s.
Juffrou Kriekie stel nooit teleur nie en ouder gewoonte is haar geesdrif nie geblus nie. Sy is agter die skerms besig met ‘n produksie wat almal sal aanspoor om 2021 met nuwe moed tegemoet te gaan.
Foto’s verskaf