Drie nuwe personeellede het vanjaar by Hoërskool Langenhoven van Riversdal aangesluit. Hulle is van links, mee. Eroné van Rensburg, Anli van Niekerk en Haike Brink.
Eroné (Afrikaans Huistaal), Anli (Rekeningkunde en EBW) en Haike (Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe en Lewensoriëntering).
Hulle het die jaar met ‘n verwelkomingsfunksie afgeskop en maklik en vinnig deel van die Das-familie geword. Daar word vir hulle baie voorspoed en sukses vir hul toekoms toegewens!
Op die foto verskyn van links: Eroné van Rensburg, Anli van Niekerk en Haike Brink.