Mnr. Abrie Cronje, afkomstig van Bloemfontein, is as adjunkhoof van Hoërskool Langenhoven in Riversdal aangestel.
Mnr. Cronje was verbonde aan HTS Louis Botha en was gedurende sy tyd daar departementshoof, interne adjunkhoof en waarnemende skoolhoof. Hy het sy B.comm (finansiële bestuur en rekenaarstudie), gevolg deur ‘n nagraadse onderwys sertifikaat (HOD), aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, verwerf. Hy verwerf ook sy B.Ed (Hons) Onderwysreg en Onderwysbestuur in 2016.
Hy het ‘n passie vir kinders en sien uit na die nuwe uitdaging. Daar word vir hom baie voorspoed en sukses vir die toekoms toegewens!