)

Ligbron 0/16A netbalspan is derde in Mpumalanga

Die netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Vrydag en Saterdag, 8 en 9 Junie 2018, aan die Mpumalanga skole netbal uitspele deelgeneem wat in Witbank plaasgevind het. Die spanne het volgehou en aangehou en tot die bittere einde van elke wedstryd hulle alles gegee. Die volgende tellings is behaal: die eerstespan verloor 16-28 teen Hoërskool Nelspruit en wen met 18-13 teen HTS Witbank. Hulle dring deur na die kwartfinale, maar val ongelukkig vas teen Hoërskool Lydenburg en verloor met 20-21. Die o/14A span verloor 2-20 teen Hoërskool Nelspruit en verloor 9-16 teen HTS Middelburg en val uit na afloop van hulle poelwedstryde. Die o/16A’s wen 24-1 teen Lowveld High en wen 11-6 teen HTS Witbank. Hulle speel in die kwartfinaal teen Hoërskool Bergvlam en wen 20-4, waarna hulle deurdring na die semifinale teen HTS Middelburg en met 5-14 verloor. Die o/16A’s dring deur na die finaal en speel uit vir posisie 3 en 4 teen Hoërskool Middelburg en wen die wedstryd 12-7. Hulle eindig dus 3de in Mpumalanga en dring sodoende deur na die Top Schools Championships (SA’s vir Netbal) wat vanaf 20 tot 21 Julie by Hoërskool dr EG Jansen van Boksburg sal plaasvind. Die Top 3 spanne van al 9 provinsies speel tydens hierdie toernooi teen mekaar.

Foto bo:

Van links na regs (voor): Illené vd Walt, Selaelo Owethu, Jané Bosman

Van links na regs (agter): Melandri Blaauw, Thandiswa Nhlapo, Esphia Pretorius, Thandeka Khumalo, Siphosethu Mkhwanazi

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal