Twee opvoeders, Juf Marinda Coetzee en Juf Ilse Kotze, te same met van die senior leerders by die skool,het die nood raakgesien en besluit genoeg is genoeg. Baie leerders kom na die skool met stukkende of klein nie-passende skoolklere wat hul in die verleentheid stel. Hierdie opvoeders het besluit om die leerders met skenkings van die publiek te help. Sover is die projek ‘n sukses, want oud-skoliere en ouers het alreeds sakke skoolklere en skoolskoene gestuur.
Hoërskool Keimoes voel trots dat hierdie ouers en leerders tog ‘n hart van goud het. Elkeen se bydrae word raakgesien en waardeer. Hierdie projek is nog heeljaar aan die gang en verdere skenkings sal waardeer word. Onthou: “‘n gelukkige kind is ‘n kind wat positief kan presteer,” het Juf Kotze gesê. Die skool doen `n beroep op ander soortgelyke organisasies om `n helpende hand uit te steek en die skool te ondersteun in hierdie verband.
Op die foto is van links: Juf Ilse Kotze, Zandile Booysen, Juf Marinda Coetzee en Natalie Schwartz (beide Gr 11 dogters).
Become a Sponsor