Tydens die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap se prysuitdeling wat op 28 Februarie in Kimberley plaasgevind het, is 4 van Hoërskool Kalahari van Kuruman se onderwysers aangewys as die Toppresteerders in die Noord-Kaap in hulle onderskeie vakke in die 2018 Matriekeindeksamen!
Die kriteria waarvolgens beoordeel is, sluit die volgende aspekte in: Gemiddelde persentasie, hoeveelheid leerders, slaagsyfer, persentasie bo 50%, hoeveelheid onderskeidings.
Op foto vlnr: Mev Juanita Laubscher (Gasvryheidstudies), Mev Wilmari Mostert (Rekenaartoepassingstegnologie), Mev Maré Orren (Toerisme) en mnr Juan Botha (Ingenieursgrafika en -ontwerp).