Eerste foto Casper (links) en Foster (regs) en tweede foto Foster (links) en Casper (regs).
Casper du Plessis (0/17) en Foster Lubbe (0/16)van Hoërskool Kalahari is opgeneem in die Noord-Kaap 0/19 Krieketspan. Hulle sal hul provinsie by die Nasionale Kaya Majola Krieketweek, wat plaasvind vanaf 16 tot 20 Desember te Pietermaritzburg, verteenwoordig. Hierdie krieket-toernooi is die vertoonvenster van Suid – Afrikaanse skolekrieket en Hoërskool Kalahari is baie trots op hierdie 2 seuns!
Baie geluk, manne!