Vlnr: Mev Elize Titus (District Coordinator: Youth Development, Values and Human Rights), Lethabo Malele, Omolemo Simalomo en Mev Bronwyn Anthony.
Twee graad 10 leerders van Hoërskool Kalahari in Kuruman, Omolemo Simalomo en Lethabo Malele, het op 7 September aan die provinsiale rondte van die “National Schools Moot Court Competition” in Kimberley deelgeneem. Hulle het die eerste plek in die provinsie behaal met ‘n punt van 92%, en het ‘n Golden Award-toekenning ontvang. Hulle dring deur na die Nasionale kompetisie wat 25 tot 29 September in Pretoria plaasvind.