Wikus Vorster van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein spog met 9 onderskeidings tydens die 2020 matriek-eindeksamen! Hy was ook verlede jaar aangewys as JF se Dux-leerder met ‘n gemiddeld van 92%.
Wikus beoog om hierdie jaar by die UV in te skryf vir ‘n graad in Aktuariële Wetenskap. Volgens Wikus is daar slegs een manier om sukses te behaal en dit is deur harde werk.
Baie geluk, Wikus. JF is baie trots op jou!