Hoërskool Jim Fouché se trompoppies het aan die Federation of dance drill, cheerleading and Majorette Sport of South Africa se Paaskompetisie deelgeneem en baie mooi presteer.
Die volgende prestasies is behaal:
Mariné Pretorius (Trio-groep – 3de plek), Kayla Zietsman (Trio-groep – 3de plek), Jean-Marie Theron (Solo – 3de plek uit 15 deelnemers) en Bianca Greybe (Trio-groep – 3de plek).
Die Trio-groep het in die Mace Mini formasie ‘n 1ste plek behaal.
Foto verskaf