Hugenote Hoërskool van Wellington het ‘n propvol Maart-vakansie met ‘n verskeidenheid van toere.
Die O/18A Dogtershokkiespan wen, tydens ‘n pragtige wedstryd, teen Settlers High School met 1-0. Hulle verloor ongelukkig in ‘n baie moeilike wedstryd teen Hudson Park van Oos-Londen (1-6). Die O/18A Seunsspan speel ook teen Hudson Park.
Die eerste deel van wedstryd was uitstekend, maar Hugenote verloor egter met 1-6. Hulle speel ook ‘n wedstryd teen Paarl Gimnasium waar hulle ongelukkig ookmet 5-1 verloor.
Die seuns en dogters toon ongelooflike gees en glo dat in die volgende paar dae beter sal gaan!
Die 1ste dogtershokkiespan het ‘n goeie Donderdag agter die rug. Hulle wen Edgemead met 2-0. Die hoogtepunte van die dag was ‘n titaniese wedstryd teen La Rochelle.
Hugenote wen hulle met 1-0. Hokkie om op trots te wees!
Die o/14 Seunshokkie se uitslae is soos volg:
Glenwood House: 0-1
Pearson: 3-1
Outeniqua O/13: 2-1
Stellenberg: 0-2
Outeniqua A: 2-1
Outeniqua B: 4-0
Die hokkiedogters het geskiedenis gemaak. Hulle het teen Monument Park 3-2 verloor. Hulle het baie goed en hard gespeel.
As gevolg van die verloor, het hulle 3de uit 6 spanne in hul groep geëindig en is in die uitspeelgroep van 9 -12de plek. In ‘n ongelooflike uitspeelwedstryd was die telling 0-0 en moes toe met “penalty shootouts” die wenner bepaal.
Hugenote het uitstekend onder die druk presteer. Hulle het die shootouts 4-2 gewen. Dit is die eerste keer wat Hugenote se dogters in die top 10 eindig (uit 24 skole).
Gedurende die toernooi is daar ook ‘n toergroep gekies wat September in Nederland gaan speel. Talitha Janse van Vuuren is in die groep opgeneem.
Die 1ste seunshokkiespan het bietjie vasgeval teen Edgemead. Hulle verloor 3-4 teen Hermanus na ‘n reuse-wedstryd.
Hulle eindig gelykop teen Glenwood House en wen Drostdy met 3-0. In die finaal verloor hulle teen Westerford High met 1-2.
Die O/16 Seuns neem deel aan die Paarl Gimnasium Toernooi.
Die uitslae was as volg:
Strand 3-1
Drostdy 1-0
DF Malan 2-0
Swartland 2-1
Paarl Gim 1-8
Pinelands 0-1
Paul Roos 2-5
Somerset College 0-1
Hierdie span eindig 5de uit 9 skole.