)

Hoërskool Hoopstad – Schools That Rock gesels met Adoné Naudé

Hoërskool Hoopstad. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Adoné Naudé, Hoofdogter van Hoërskool Hoopstad, vir 2022

Adoné, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Hoopstad?

Ek sou sê my hoofrol is om hoop te bring. Soos Jo Black sê – wat is hoop ?

*Dis dat ons ons harte weer na mense terugdraai

*As jy struikel sal jy weer opstaan

*Dis die stem wat sê as jy moeg is sal ek jou dra

Hoe het die afgelope 4 jaar by Hoërskool Hoopstad jou vir die rol as leier voorberei?

Die onderwysers en leerlinge het my geskaaf om die leier te wees wat ek vandag is.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Ek kyk baie op na my ouers. Die voorbeeld wat hulle vir my stel oor hulle geloof en menseverhoudings inspireer my.

Watter studieriging beoog jy na skool?

Ek is nog nie 100 % seker nie, tyd sal leer.

Wat staan vir jou die meeste uit by Hoopies?

Die individuele aandag wat daar aan elke kind gegee word om sy/ haar volle potensiaal te bereik.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Nee, want elke kind is uniek. Aan almal is verskillende gawes en tallente gegee .

Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Ek het dit geniet om nuwe dinge te leer en my algemene kennis uit te brei. Ek het dit ook geniet om nuwe mense te ontmoet en tyd saam met my vriende deur te bring.

Wat is jou doelwitte vir Hoopies tydens jou dienstermyn?

My doel is om elke Hoopie die geleentheid te gee om geestelik te groei teen sy eie pas.

Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?

My geloof motiveer my om elke dag die beste weergawe van myself te wees.

Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Hoopies te word? 

Hoopstad is geleë in ‘n plattelandse dorpie wat dit ‘n plaasgemeenskap maak. Hulle het omgee-harte en hulle skroom nie om te help in tye van nood nie.

Wat is jou toekoms-ideaal

Ek wil trou met ‘n gelowige man met 4 kinders. Gevestig in die Kaap met ‘n inrigting vir hawelose mense.

Lees meer oor Hoërskool Hoopstad:

https://schoolsthatrock.co.za

http://hoerskoolhoopstad.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal