Drie leerders van die Hans Moore Musiekskool, Benoni, het die Unisa Musiekteorie-eksamen in Junie afgelê en skitterende presteer! Twee leerders slaag met lof. Monique Genis (‘n laerskoolleerder) het 93% behaal en Marishé Vermeulen behaal 83%.
Zianci van Zyl het ook die Gr.5 eksamen met goeie punte afgelê. Baie geluk aan hierdie drie leerders en hul onderwyser, Dr. Marita Badenhorst.
Foto: Marishé Vermeulen wys hoe bly sy is dat sy die Musiekteorie-eksamen met lof geslaag het!