Baie geluk aan die agt leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, wat na afloop van die 2019 Bokkieweek gekies is vir die onderskeie Nasionale AVS-spanne.
Die volgende seuns is opgeneem in die onderskeie o/14 rugbyspanne:
Ayliff Todd is opgeneem in die o/14 Bernard Visser Uitnodigingspan.
Kyle Alves, Thierry Enslin en Dewald Muller is gekies vir die o/14 Duikerspan.
Zené Jonker is gekies vir die o/19 Gazelle Hokkiespan en Donné de Jager is as reserwe van die o/19 Gazelle Hokkiespan.
Cara Bruwer is gekies vir die o/19 SA Bokkie Hokkiespan en Bianca Francis is in die o/19 Gazelle Netbalspan opgeneem.
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerdersL
Foto: Voor v.l.n.r.: Cara Bruwer, Kyle Alves en Donné de Jager.
Agter v.l.n.r.: Ayliff Todd, Zené Jonker, Bianca Francis, Thierry Enslin en Dewald Muller.