Baie geluk aan elkeen van julle met julle puik uitslae. Ons is baie trots op julle.
Gouties bly die beste in alle gebiede.
#nr1#
Akademie: Goudveld-Hoërskool het altyd akademiese uitnemendheid as sy prioriteit gestel. Dit is, en sal altyd, die skool se belangrikste fokuspunt wees. Ons onderwysers is goed opgelei en werk regtig uitsonderlik hard.
Kultuur: As top Afrikaanse skool is ons kultuuraktiwiteite inherent tot ons Afrikaanse karakter en opleiding
Sport: Ons glo daaraan dat ons leerder gebalanseerd moet lewe, daarom het ons ‘n uitgebreide sportprogram wat in elke sportliefhebber se kraal sal pas. Ons leerders presteer op hoë vlak en ons kompeteer met die beste skole in die provinsie. Selfs op nasionale vlak is verskeie van ons leerders bedrywig en presteer goed.
Kunste Akademie: Goudveld-Hoërskool is die plek om jou ingebore kreatiewe vermoëns uit te leef en te ontwikkel deur ons uitstekende Musiek Akademie.