)

Laerskool Hartenbos: Skakelraad se spoggerige baadjies

Dolfynkontrei se Skakelraad vertoon spoggerig met hulle nuwe baadjies!!

Laerskool Hartenbos is in die Suid-Kaapse dorp Hartenbos aan die begin van die wêreldbekende
tuinroete geleë, 9 km vanaf Mosselbaai, 45 km vanaf George en 35 km vanaf George Lughawe.
Hartenbos is welbekend as vakansiebestemming wat veral in die somervakansie baie gewild is.
Hartenbos en omgewing bied aan vakansiegangers asemrowende mooi natuurtonele, gewilde
strande en ’n uiters gematigde klimaat. Geen wonder dat vakansiegangers in hul duisende na
ons mooi dorp kom nie!

Laerskool Hartenbos bied onderrig aan leerders van Gr. RR tot Gr. 7. Elke graad bestaan uit vier
klasse met relatief klein leerdergetalle. Ons skool is bevoorreg om goed opgeleide, positiewe en
hardwerkende onderwysers te hê wat bereid is om die ekstra myl vir die Dolfyne te loop. In
sekere grade is daar klasassistente om die onderwyser se hande verder te sterk.

’n Volledige spyskaart van buitemuurse kultuur- en sportaktiwiteite word aan ons leerders
gebied met genoegsame geleenthede tot deelname, blootstelling en prestasie. So spog ons ook
jaarliks met leerders wat op provinsiale en selfs nasionale vlak ons skool se naam hoog hou.
Ons skool beskik oor ’n goed toegeruste skoolgebou met goeie infrastruktuur vir sport- en
kultuur aktiwiteite. Goeie uitbreidings is gemaak om e-leer en die gebruik van tegnologie vir die
leerders toeganklik te maak.

Gedurende die Desember skoolvakansie word die skool se sportvelde omskep in woonwa
staanplekke en vakansiegangers wat reeds vir jare terugkeer, is ’n bewys van die welslae van
hierdie projek. Kontak gerus die skool in hierdie verband sou u meer wou uitvind.
Ons leef graag met die leuse “In Dolfynkontrei reik elke dolfyn na die hoogste brander!” Geniet
die reis deur ons webtuiste en kontak ons gerus indien u enige verdere navrae sou hê.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal