Nuusbrief aan die ouers en personeel van Sentraal
COVID-19 het ons lewens onherroeplik verander. Ons sal nooit maklik hierdie dae van inperking vergeet nie.
Ek deel ’n paar gedagtes met u en hoop dat ek sodoende rustigheid by u sal kan bring as daar dalk ’n bekommernis by u is.
Die departement het ons versoek t.o.v. die heropening van die skool goedgekeur. Die datums is as volg:
Gr 11 – 29 Junie 2020
Gr 10 – 6 Julie 2020
Gr 8 en 9 – 13 Julie 2020
Ons klasgroottes maak dat ons die meeste van die tyd in die klasse sal kan inpas sonder om reëls te oortree of ’n gevaar vir ons kinders te skep. Sommige klasse moet egter in die saal of gimnasium skoolgaan.
By veral ons graad 8- en 9’s gaan dit egter nodig wees om die groepe in twee te deel en sal die leerders dus in 2 groepe moet funksioneer. Groep 1 sal al die koshuisleerders en ’n paar stadsleerders bevat. Hulle sal dan een week skoolgaan en die volgende week by die huis bly met huiswerk wat hulle sal moet doen. Dan het groep 2, wat net uit stadsleerders bestaan, geleentheid om skool te gaan. So sal ons dus weekliks roteer.
Graad 10 en 11 gaan ook van huis en skool wissel, maar hulle doen dit as graad en nie as ’n groep nie.
Dit sal dus help om, waar moontlik, tyd te kan wen vir die verlore tyd omdat ons in twee groepe gaan verdeel. Mag ek dadelik noem dat die grade se werk wat gedurende die jaar afgehandel moet word, dramaties verminder is en dat ons ervare onderwysers nie bekommerd is dat hulle nie die werk sal kan afhandel nie. Ons vertrou dat ons sisteem sal werk.
Deurentyd moet ons ook nog ’n ander faktor in gedagte hou. Soos in die skool moet ons ook in die koshuis sosiale afstande handhaaf en die blyplek vir ons kinders so veilig moontlik hou.
Die BL van die skool het dit goedgedink om die departement te versoek om die skool vroeër te laat open ten einde tyd te kan wen en om die getal persone op die skoolgrond en in die koshuis te verminder.
Aangeheg vind u ’n presiese uiteensetting (rooster) van wanneer die grade en groepe skool toe moet kom of by die huis moet bly en huiswerk doen.
’n Laaste netelige sakie: verstaan asb. dat die skool nie heeltemal gesluit het gedurende die grendeltyd nie. Sekuriteit moes steeds betaal word en die skool moes steeds sy verantwoordelikhede t.o.v. water en elektrisiteit , rekenaarkontrakte, Wi-Fi, en personeel se salarisse, ens. vereffen het. Alles kos baie geld.
Daar rus egter verder ’n wetlike verpligting op elke ouer om skoolgeld te betaal. Die skool is verplig om daardie geld volgens die wet in te vorder.
Ons vertrou dat ons ouers steeds die skoolgeld stiptelik sal betaal en nie die skool in ’n ongemaklike posisie sal laat nie. Ons weet daar is van ons ouers wat hulle werk verloor het, en ons versoek u om so spoedig moontlik met die finansiële kantoor in verbinding te tree om sodoende ’n reëling te tref.
Ons hoop ons kan eersdaags weer die toks en die tekkies uit die kas haal.
Anton van Rensburg
Hoof
TERUGKOM VAN GRADE
08 Jun. 2020
Graad 12: Almal woon die skool weekliks by tot aan die einde van die jaar.
29 Jun. 2020 Dag 4 tot 2
Graad 11: Almal is elke week tot 10 Julie 2020 by die skool.
06 Jul. 2020 Dag 3 tot 1
Graad 10: Almal is elke week tot 10 Julie 2020 by die skool.
Graad 8 en -9 word in twee groepe elk verdeel.
Groep 1: Al die koshuisleerders van die graad en stadsleerders wat 50% van die graad uitmaak.
Groep 2: Die res van die stadsleerders.
13 Jul. 2020 tot 17Jul. 2020 Dag 2 tot 6
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool Groep 1 bly tuis.
20 Jul. 2020 tot 24 Jul. 2020. Dag 1 tot 5
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
27 Jul. 2020 tot 31 Jul. 2020. Dag 6 tot 4
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
03 Aug. 2020 tot 07 Aug. 2020 Dag 5 tot 3
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
07 Aug. 2020 (na skool) tot 11 Aug. is langnaweek.Dit is ook ’n uitnaweek vir die koshuis.
12 Aug. 2020 tot 14 Aug. 2020 Dag 4 tot 6
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
17 Aug. 2020 tot 21 Aug. 2020 Dag 1 tot 5
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8:Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
24 Aug. 2020 tot 28 Aug. 2020 Dag 6 tot 4
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
31 Aug. 2020 tot 04 Sept. 2020 Dag 5 tot 3
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
07 Sept. 2020 tot 11Sept. 2020 Dag 4 tot 2
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 09: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 08: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
14 Sept. 2020 tot 18 Sept. 2020 Dag 3 tot 1
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
21 Sept. 2020 tot 23 Sept. 2020 Dag 2 tot 4
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
24 Sept. 2020 tot 04 Okt. 2020 VAKANSIE
05 Okt. 2020 tot 09 Okt. 2020 Dag 5 tot 3
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
12 Okt. 2020 tot 16 Okt. 2020 Dag 4 tot 2
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
19 Okt. 2020 tot 23 Okt. 2020 Dag 3 tot 1
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
26 Okt. 2020 tot 30 Okt. 2020 Dag 2 tot 6
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
02 Nov. 2020 tot 06 Nov. 2020 Dag 1 tot 5
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
09 Nov. 2020 tot 13 Nov. 2020 Dag 6 tot 4
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
16 Nov. 2020 tot 20 Nov. 2020 Dag 5 tot 3
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
23 Nov. 2020 tot 27 Nov. 2020 Dag 4 tot 2
Graad 11: Gaan skool.
Graad 10: Bly tuis.
Graad 9: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.
Graad 8: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
30 Nov. 2020 tot 04 Des. 2020 Dag 3 tot 1
Graad 11: Bly tuis.
Graad 10: Gaan skool.
Graad 9: Groep 2 gaan skool. Groep 1 bly tuis.
Graad 8: Groep 1 gaan skool. Groep 2 bly tuis.