Hoërskool Florida is baie trots op die uitslae van die matrikulante van 2018. Hulle spog met `n slaagsyfer van 99,16%. 75% Van Hoërskool Florida se matrieksslaag met Baccalareus graad!
Die Florries se toppresteerders is Erya Berg en Riaan Oosthuizen. Erya het agt onderskeidings behaal met `n gemiddeld van 91.43%. Sy het in vyf vakke `n gemiddeld bo 90% behaal en `n fenomenale 100% vir Dramatiese kunste.
Riaan het sewe onderskeidings behaal.
Daar is verder `n hele klomp kandidate wat spog met vier of vyf onderskeidings.