Hoërskool Florida is trots op hul leerders wat skyfskiet se naam hoog hou.
Nadine Nel (Gr10) en Caitlin Oelofse (Gr11) het op Saterdag, 18 Augustus aan die GTRA-liga 4 te Durban Deep deelgeneem.
Caitlin verower ‘n silwer medalje vir 10M-Olimpies o/21-dames en Nadine ‘n goue medalje vir die 10M-Olimpies o/16-dames.
Baie geluk aan Nadine en Caitlin!