Caitlin Oelofse, Nadine Nel en Johan van Heerden het op 29 en 30 Maart aan SAARA se Gauteng-Ope liga te Florida Skietklub deelgeneem. Caitlin verwerf twee goue medaljes vir die 10M-Olimpies dames en 3P-o/20 en Nadine verwerf ’n silwer medalje vir die 10M-Olimpies dames o/20 en ’n brons medalje vir die 3P-o/20-posisie.
Caitlin is gekies as lid van die Junior Protea span, en Nadine as lid van die SASCOC ontwikkelingspan (mits sy die toer meemaak), wat in Suhl, Duitsland aan die ISSF Junior Wêreldbekerwedstryd gaan deelneem in Julie.
Caitlin kwalifiseer weer vir haar Junior Protea-kleure en Nadine kwalifiseer vir haar SASCOC Ontwikkelingskleure, wat onderhewig is aan SASCOC se goedkeuring.
Baie geluk Caitlin en Nadine.
Florries is trots op julle!