Nadine Nel
Baie geluk aan Nadine Nel (gr. 11) van Hoërskool Florida wat die afgelope vakansie aan SAARA se SA-kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het. Nadine skiet twee volkaarte op lê en verower ‘n goue medalje vir 3P-Presisie en ‘n silwer medalje vir 10M-Olimpies dames-O/20 en ontvang die trofee vir beste 3P-Presisie skut. Sy ontvang goue medaljes vir die 10M-Olimpies en 3P-posisie in spanverband en verwerf weer haar SAARA-kleure.
Die SANSSU-kampioenskappe het ook die vakansie in Kaapstad plaasgevind. Nadine Nel word gekies as die Presisiespan kaptein. Nadine skiet ‘n volkaart op lê en kniel en verwerf 4 goue medaljes en haar SANSSU-kleure (goud).
Baie geluk, Nadine!!