Hoërskool Florida het uitgeblink by die jaarlikse toekennings van Distrik D12, Johannesburg-Wes.
Die skool stap weg met die volgende toekennings:
Aliesha Theron – Afrigter van die jaar.
Di Woolley – Administrateur van die jaar.
Rujaun Scheepers – Hoërskool Sportseun van die jaar.
Caitlin Oelofse – Hoërskool Sportdogter van die jaar.
Claudia Aggenbacht – tweede plek vir sportdogter van die jaar.
Skyfskiet behaal ‘n derde plek vir “Code of the Year”
Baie geluk, Florries is trots en baie dankbaar. Florrie Magic het beslis geseëvier!