Schools That Rock publiseer kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Florida, Gauteng, is bekend daarvoor dat hul oud-leerders, na skool, hul merk in die lewe maak!
Quinne Brown, bekende aktrise, het haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Florida voltooi. Na matriek het sy oorsee getoer en as kelner en funksiebestuurder gewerk. Daarna het sy Geografie en Antropologie aan die Universiteit van Johannesburg studeer. Op 21-jarige ouderdom het haar lewe verander toe sy ‘n rol in 7de Laan gekry het. Sy het egter nooit gedroom dat sy ‘n loopbaan as aktrise sou volg nie.
Quinne het 7de Laan verlaat omdat sy ‘n belangstelling in die verskillende mediasoorte ontwikkel het.
Tydens een van haar buitelandse toere na Amerika, het sy die liefde van haar lewe in Mexiko ontmoet. Hulle het in Februarie 2006 getrou waarna hulle in San Francisco gevestig waar sy onder andere haar akteursberoep voortgeit het. Hulle eerstedogtertjie is in 2008 gebore en die tweede in 2015.
In 2017 het die gesin besluit om terug te keer na Suid-Afrika. Quinne het weer, na tien jaar van afwesigheid, weer by 7de Laan aangesluit.
Sy geniet ook die Suid-Afrikaanse landskap met haar gesin en sy leef haar passie elke dag uit.