Rioné Pelzer (gr. 12), Daniëlle Beneke (gr. 12) en Donavan van der Linde (gr. 12) het vanaf 26 tot 31 Maart 2019 aan die junior interprovinsiale aksienetbal toernooi deelgeneem in Brackenfell (Kaapstad) waar hul Gauteng-Wes verteenwoordig het. Rioné se span verower ? silwer medalje in die o/19-kategorie en Danielle en Donovan se span eindig algeheel vierde in die o/19-gemengde span.
Rioné is gekies om aan die einde van April 2019 die o/21-aksienetbal damesspan te verteenwoordig tydens die Interprovinsiale aksienetbal toernooi.