Caitlin Oelofse (gr. 12) het op 8 April haar Protea-baadjie tydens saalopening aangetrek. Sy het tydens SAARA se Gauteng-Ope vir die tweede jaar gekwalifiseer as lid van die Junior Protea-span wat in Suhl, Duitsland aan die ISSF Junior Wêreldbekerwedstryd gaan deelneem in Julie 2019.
Ons is verskriklik trots op jou en wens jou baie sterkte toe met die toer.