)

Hoërskool Florida leerders het aan Standard Bank se “Steam-kompetisie” deelgeneem

Die afgelope week het `n groep Hoërskool Florida leerders aan Standard Bank se “Steam-kompetisie” deelgeneem en gewen. Die uitdaging was om `n probleem in die skool of die gemeenskap te identifiseer en dan `n moontlike oplossing daarvoor te ontwikkel.

Die kompetisie is deel van Standard Bank se inisiatief om tegnologie en die volgende vakke by leerders te bemark: “Science Technology Engineering Art, Maths”. Standard Bank glo in die jeug en dat hul opgewonde moet wees om nuwe beter en vinniger maniere te vind om opdragte en take uit te voer. Hul glo dat leerders reeds in hul vrye tyd besig is met briljante nuwe uitvindings en tegnologiese deurbrake. Ons as Florries deel hierdie visie, waar ons buite die kassie dink.

Hierdie jaar was daar al `n paar van ons leerders amper raakgery terwyl hulle oor die besige Louis Botharylaan gestap het na die skool. Die Florrie wenspan het besluit om te fokus op hierdie probleem. Hul het `n “Raspberry Pi” en “Microbyt” gebruik om `n model saam te stel, wat verkeer simmuleer. In hierdie simulasie word die verkeer gemonitor wat dan waarskuwende ligte laat flikker om voetgangers te waarsku teen die aankomende verkeer.

Baie geluk aan die spanlede Marietjie Dreyer, Christelle Havenga, Dana Janse van Vuuren, Dillan Blaauw, Justin Feyerabend en Suné Toerien, Clayton Swanepoel en Schalk Pretoruis (ons entoesiastiese spanleier) met jul eerste plek en die “CrowPi” ter waarde van R30 000, wat jul vir die skool gewen het.

Ons waardeer jul harde werk, opoffering en tyd en vertou dat jul jul ervaring met elke Florrie sal deel.

Dit is nou “Magic” – Florrie Magic!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal