Hoërskool Ermelo Rugby. Ter voorbereiding vir volgende jaar se rugby, neem die o/17-span van Hoërskool Ermelo rugby deel aan ‘n rugby-reeks wat oor verskeie datums te Hoërskool Eldoraigne plaasvind.
Op Maandag 30 Augustus het die o/17 rugbyspan te staan gekom teen Rand Park High en as oorwinnaars van die veld gestap met ‘n eindtelling van 22 – 17.
Tiaan Grobler is aangewys as man van die wedstryd.
Die volgende wedstryd vind plaas op 16 September teen Hoërskool Eldoraigne.
EHS is dankbaar vir die geleentheid en blootstelling wat die Ermelo rugbyseuns kan kry ten spyte van ‘n besige program en uitdagende omstandighede.
Baie sterkte met die volgende wedstryd.
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: