EHS Krieket wen Liga.
EHS se eerste krieketspan het op Saterdag 4 September in hul eerste liga-wedstryd vir die seisoen teen Embalenhle te staan gekom. Op die dag met perfekte krieket-weer het Embalenhle, die besoekers, die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Die EHS-boulers het hul opponente in hierdie liga-wedstryd uit die staanspoor met goeie boulwerk onder druk geplaas. Paaltjies het gereeld gekantel. Die besoekende kolwers kon slegs 122 lopies teen EHS tydens hierdie liga-wedstryd aanteken voordat almal uitgeboul is binne 25 boulbeurte.
Die Errie-kolwers het in hul beurt hulself baie gemaklik van hul taak gekwyt voor die paaltjies. Hulle het die lopieteiken in slegs 26 boulbeurte behaal. Erries het slegs twee paaltjies verloor.EHS Krieket wen dus hierdie kragmeting met agt paaltjies.
Opsomming en uitblinkers:
Embalenhle 122 (24.5 beurte)
Hoërskool Ermelo 127 (26.3 beurte)
Tiaan Grobler 3/14 (4 beurte)
Rian Barnard 3/17 (2.5 beurte)
Wian Swart 3/20 (4 beurte)
Rian Barnard 52*(48)
Christiaan Arnoldi 37(46)
EHS wen met 8 paaltjies.
Baie geluk aan elkeen van die EHS krieketseuns met die oorwinning en alle voorspoed met die res van die liga.
Lees meer oor EHS: