Die 0/15A-krieketspan van EHS het op Woensdag 8 Augustus teen Hoërskool Hoogenhout te staan gekom. Danie Theron, kaptein van EHS se span het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Hoogenhout kon 73 lopies aanteken met die verlies van 10 paaltjies. Danie Theron neem vier paaltjies en Christiaan Arnoldi, Corné Janse van Rensburg en Wian Swart neem elk twee paaltjies.
EHS reken baie vining af met hul teenstanders en teken binne elf boulbeurte 74 lopies sonder die verlies van paaltjies aan. Danie Theron slaan 34 lopies (n.u.n) en Wian Swart 26 (n.u.n).
Baie geluk aan die seuns met ‘n skitterende wedstryd! Die Erries is trots op julle!