Drie derdejaarstudente van die Universiteit van Potchefstroom het op 2 April by die EHS hul proeftydperk begin. Die Erries is opgewonde om hulle by EHS te verwelkom tot 25 April.
Dit is Larissa van der Merwe se eerste keer by die Erries en sy sê met opregtheid dat sy uitsien na haar tyd hier. Larissa proef by die Afrikaanse department.
Charmoné Prinsloo en Morné Badenhorst is albei vir hul tweede keer by EHS om te proef en sê, asof uit een mond, dat dit altyd ‘n fees is by die Erries en dat hulle dié proeftydperk met opgewonde harte aanpak! Charmoné doen haar proeftydperk by Lewenswetenskappe en Morné by Besigheidstudies.
Baie welkom aan die drie studente! EHS wens elkeen alle voorspoed toe en wens vir julle ‘n geseënde tydperk by Hoërskool Ermelo toe.
(vlnr): Larissa van der Merwe, Morné Badenhorst en Charmoné Prinsloo