)

Hoërskool Ermelo-tennis eindig 2018 met kishou

Tennis is ‘n unieke sport waar leerders hulself moet uitdaag tot probleemoplossing en strategieë om hul opponente uit te oorlê. Dit bou karakter en deursettingsvermoë en leer ons leerders waardevolle lesse. Dit rig leerders op tot leiers en kweek die waardes waarvoor die EHS staan.

Met ongelooflike borge en spanwerk het EHS-tennis 2018 afgesluit op ‘n baie hoë noot. Met die hulp van borge is al 5 tennisbane oorgedoen.

Daar was ook ‘n deurnag tennisaand vroeër die jaar aangebied waartydens genoegsame fondse ingesamel is om die tennishuisie uit te verf en nuwe ligte op te sit.

Die tennisleerders het baie om na uit te sien wanneer die skole heropen in 2019. Nuwe bane, nuwe ligte en ‘n nuwer tennishuisie.

Tennis is ‘n unieke sport waar leerders hulself moet uitdaag tot probleemoplossing en strategieë om hul opponente uit te oorlê. Dit bou karakter en deursettingsvermoë en leer ons leerders waardevolle lesse. Dit rig leerders op tot leiers en kweek die waardes waarvoor die EHS staan.

EHS beskik oor uitstaande fasiliteite met 2 professioneel gelisensieerde en geregisteerde afrigters wat uitsien daarna om die skool se tennis na hoë hoogtes te lei.

EHS-tennis gaan in 2019 aan 2 ekstra toernooie deelneem en hoop om in die nabye toekoms hul eie toernooi aan te bied. Daar is ook ekstra wedstryde deur die loop van die jaar gereël. Ons wil ons leerders deurgaans blootstelling gee en hulle ontwikkel tot hulle volle potensiaal.

EHS het nog planne in die mou waarvoor die gemeenskap moet uitkyk in 2019.

EHS-tennis wil spesiaal dankie sê vir almal wat gehelp om dit moontlik te maak.

Almal se bydraes en ondersteuning word opreg waardeer.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal