Hoërskool Punt van Mosselbaai se Graad 12’s het weer hierdie jaar hul skoolskoene geskenk vir Heart2Heart. Die leerders plaas die skoene op die laaste dag van die eksamen in ‘n boks en loop dan die saal binne op hulle sokkies om hul laaste vak te skryf.
Die skoolskoene word geskenk aan Heart2Heart, wat dit versprei aan leerders wat skoolskoene benodig. Hierdie jaar het die Netbal ook ‘n skenking van netbalrompies gemaak wat saam met die skoene oorhandig is.
Op die foto verskyn me. Van Staden van Hoërskool Punt saam met Karin Bryant en Yolandi Jansen van Heart2Heart by die skool se skenking.