)

Hoërskool Ermelo se Nelstehuis vier 100 jaar

Hoërskool Ermelo se meisieskoshuis, Nelstehuis, bied op 14 en 15 September 2018, ‘n fees aan om hulle honderdste bestaansjaar te vier.

Nelstehuis is in 1918 in gebruik geneem. Vir die eerste 38 jaar was Nelstehuis ‘n seunskoshuis en vanaf 1956 is dit ‘n trotse huis vir meisies. Die oorspronklike gebou is ‘n imposante stuk argitektuur. Die pragtige akkerboom voor die koshuis maak Nelstehuis se tuin elke lente sprokiesmooi. Hierdie boom staan bekend as Nelstehuis se Droomboom.

NELSTEHUIS 100Om luister aan die fees te gee, tree die groep “Coffee Snobs” op. Die funksie vind plaas by Kralinbergh.  Almal is welkom om ‘n heerlike kuieraand te kom geniet saam met die Nelsies. Saterdagoggend word ontbyt by die koshuis genuttig en die gaste gaan lekker saamkuier.

Vir meer inligting skakel Me. Anna-Marie van Heerden by 083 409 3629.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal