Hoërskool Ermelo se meisieskoshuis, Nelstehuis, bied op 14 en 15 September 2018, ‘n fees aan om hulle honderdste bestaansjaar te vier.
Nelstehuis is in 1918 in gebruik geneem. Vir die eerste 38 jaar was Nelstehuis ‘n seunskoshuis en vanaf 1956 is dit ‘n trotse huis vir meisies. Die oorspronklike gebou is ‘n imposante stuk argitektuur. Die pragtige akkerboom voor die koshuis maak Nelstehuis se tuin elke lente sprokiesmooi. Hierdie boom staan bekend as Nelstehuis se Droomboom.
Om luister aan die fees te gee, tree die groep “Coffee Snobs” op. Die funksie vind plaas by Kralinbergh. Almal is welkom om ‘n heerlike kuieraand te kom geniet saam met die Nelsies. Saterdagoggend word ontbyt by die koshuis genuttig en die gaste gaan lekker saamkuier.
Vir meer inligting skakel Me. Anna-Marie van Heerden by 083 409 3629.