)

Erries slaan oorwnnings op krieketveld

Op Maandag 3 September het Hoërskool Ermelo se o/14A-krieketspan teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal gespeel. Bethal kolf eerste en teken 90 lopies in hul 20 beurte aan. EHS se spelers gaan die telling verby in slegs agt beurte en wen met agt paaltjies.

Die Erries se Eerste-krieketspan het op Saterdag 8 September teen Hoërskool Volksrust te staan gekom. Op hierdie koue, nat dag het die Erries se kaptein, Stefan Kemp, die loot gewen en hul teenstanders gevra om eerste te kolf.

Vanaf die eerste bal het die Errie-boulers groot druk op die Volkies geplaas en slaag daarin om hul vir slegs 81 lopies in 18 boulbeurte uit te boender. EHS se boulers wat paaltjies geneem het is Stefan Kemp, ses vir 42 in nege beurte, Walter Visser, drie vir 14 in vier beurte en Baruch Büchling, een vir 22 in vyf beurte.

Tydens die Erries se kolfbeurt het EHS vinnig werk gemaak om ‘n goeie telling te kry. Albei openingskolwers kwyt hul goed van hul taak en was die hoof-lopiemakers vir hul span.

André Dale Groenewald teken 23 lopies aan en sy vennoot, Jacques Erlank, behaal 20 lopies. Die Erries haal die 82 lopies in slegs 16.2 beurte vir die verlies van slegs drie paaltjies. Erries wen hierdie wedstryd met sewe paaltjies.
Baie geluk aan die spanne wat gewen het.

EHS is trots op julle.

Foto heel bo: Walter Visser

Foto links: Andre Dale Groenewald

 

 

 

 

 

Foto links:  Stefan Kemp

 

 

 

 

 

Foto links: Walter Visser

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal