Op Maandag 3 September het Hoërskool Ermelo se o/14A-krieketspan teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal gespeel. Bethal kolf eerste en teken 90 lopies in hul 20 beurte aan. EHS se spelers gaan die telling verby in slegs agt beurte en wen met agt paaltjies.
Die Erries se Eerste-krieketspan het op Saterdag 8 September teen Hoërskool Volksrust te staan gekom. Op hierdie koue, nat dag het die Erries se kaptein, Stefan Kemp, die loot gewen en hul teenstanders gevra om eerste te kolf.
Vanaf die eerste bal het die Errie-boulers groot druk op die Volkies geplaas en slaag daarin om hul vir slegs 81 lopies in 18 boulbeurte uit te boender. EHS se boulers wat paaltjies geneem het is Stefan Kemp, ses vir 42 in nege beurte, Walter Visser, drie vir 14 in vier beurte en Baruch Büchling, een vir 22 in vyf beurte.
Tydens die Erries se kolfbeurt het EHS vinnig werk gemaak om ‘n goeie telling te kry. Albei openingskolwers kwyt hul goed van hul taak en was die hoof-lopiemakers vir hul span.
André Dale Groenewald teken 23 lopies aan en sy vennoot, Jacques Erlank, behaal 20 lopies. Die Erries haal die 82 lopies in slegs 16.2 beurte vir die verlies van slegs drie paaltjies. Erries wen hierdie wedstryd met sewe paaltjies.
Baie geluk aan die spanne wat gewen het.
EHS is trots op julle.
Foto heel bo: Walter Visser
Foto links: Andre Dale Groenewald
Foto links: Stefan Kemp
Foto links: Walter Visser