Baie geluk aan die volgende leerders van Hoërskool Ermelo wat gekies is vir 2018 se o/14-Hoëveld-Bokkiespan: Billy van der Walt, Tiaan Grobler, Marko Ferreira, Ignus Ferreira, Juan-Paul Labuschagne, Diederick van der Walt en Marius Nel.
In die o/19-Hoëveld-Bokkiespan is Cornus van den Berg en Gejhan Thyssen ingesluit.
Baie geluk aan hierdie seuns.
EHS is trots op elkeen van julle.