Op Donderdagmiddag en Vrydag, 9 en 10 November 2017, het die manspersoneel van die Ermelo Hoërskool hul jaarlikse afsluiting by Tolderia geniet.
Met die visvang en die lekker saamkuier het die manne die jaar op ‘n hoë noot afgesluit. Geluk aan al die manne wat gespog het met die groot visse wat gevang is tydens die uitstappie!
Van die Erries se kant af: dankie aan elke mans-personeellid wat alles gegee het deur die jaar en die EHS op die hart dra. Julle is ysters!